Our Story

3 Jaar terug het 'n niks vermoedende outjie, en 'n niks vermoedende meisie saam met hulle onderskeie vriende vir 'n naweek weggegaan na Klein Kariba.

Die groupie vriende (dit was almal gesamentlike vriende) het toe die naweek saam gekuier, en daar het die twee van mekaar begin hou.

Hulle het baie in gemeen gehad, dieselfde dag en jaar gebore, dieselfde vriendekringe baie goed was net te ooreenkomstig om mis te kon kyk.

Vir 3 jaar het hulle net so nou en dan gesels, veral op verjaarsdae! Tot die dag van 17 Mei 2014, Jacaranda Dag!!

Die week vooraf het Salome vir Jacques gevra of hy gaan, want sy wou baie graag Jacaranda dag toe gaan. Jacques, wou weer baie graag vir Salome sien, en het vinnig kaartjies gekry!!

Dit was dit, die eerste "date", weer 'n keer ,wat albei sterretjies, "sparks" en als in die oe gekry het!! Net soos op Klein Kariba.

Van toe af is Jacques en Salome onafskeidbaar, als saam gedoen, baie pret saam gehad, gelag en net gelukkig gewees. - En nog meer "Dates"

Dit was so by die einde van 2014, dat Jacques besef het dat Salome die een is vir hom, dat hy die res van sy lewe saam haar wil wees. (Hopelik het Salome dieselfde gevoel...)

Op 15 Januarie 2015 het Jacques die moed bymekaar geskraap en Salome om haar hand gevra!

Na 'n ete by 'n restaurant het Jacques 'n niks vermoedende Salome, by haar blyplek, gevra om te trou, Jacques het net vir in geval, tussen Salome en die deur gestaan...

Dit was toe op die ou end nie nodig nie

Die antwoord was "Ja"

Jacques en Salome, het hul dekselse potte gevind!

Image Slider